Danksy Kaap Agri se donasie van skoolbehoeftes is die leerders van Weltevreden NGK Primêre Skool in Riebeek-Wes gereed om hul nuwe skooljaar aan te pak. Leerders van graad R tot graad 5 het elkeen ’n rugsak toegerus met die basiese skryfbehoeftes, skoolklere, handreiniger en ’n masker ontvang.
Om die oorhandiging ekstra spesiaal te maak, het Agrimark Riebeek-Wes die leerders ook met ’n boereworsrol en koeldrank bederf. “Weltevreden Primêr het ‘n groot geleentheid van hierdie oorhandiging gemaak. Die opregte waardering vir alles wat hulle ontvang het, was duidelik sigbaar,” het Barend Sulvester, Kaap Agri se transformasiebestuurder, gesê.
