Danksy Agrimark Riebeek-Wes se donasie, het die kinders in die gemeenskap nog meer rede om die buitelug te geniet. Nadat Community Works Programme (CWP) die tak om hulp genader het, het Agrimark besluit om 27 liters verf te skenk. Takbestuurder Fergie Thompson sê die verf gaan gebruik word om al die speelparke in die gemeenskap op te knap.
“Met die hulp van CWP gaan al drie speelparke in die gemeenskap geverf word. Ons is trots dat ons ’n positiewe verskil kan maak en kan teruggee. Die kinders sal dit beslis geniet,” het Fergie gesê.
“Baie dankie vir die bydrae. Julle skenking en ondersteuning help ons om ons missie – om gemeenskapsontwikkeling te bevorder – uit te leef,” het Margaret Maans, CWP se bestuurder, met ‘n glimlag beaam.