Leerders van Welgemeend Laerskool in Malmesbury was aangenaam verras toe die personeel van Agrimark Meganisasie geskenkpakkies aan hulle uitgedeel het.
Jonathan Syster, Bestuurder: Malmesbury/Moorreesburg Meganisasie, sê die leerders se reaksie was ‘n emosionele ervaring. “Welgemeend Primêr is ‘n landelike en agtergeblewe skool. Die kindertjies was baie opgewonde en was so nuuskierig oor wat in die pakkie was. Dit was regtig vir my ‘n riem onder die hart toe hulle ons aanmekaar bedank het.”